CAF301 |
Die beheerpaneel maak dit moontlik om jou bestaande enkel of 3 fase kragopwekker om te skakel in ‘n selfaansit / afsit bystands kragopwekker. Dit hanteer ook die oorkakeling tussen kragopwekker en kragverkaffertoevoer. Die produk is geskik vir ‘n wye reeks kragopwekkers fabrikate en modelle, petrol of diesel, 12 of 24 Volt. Dit kan ook gebruik word om bestaande beheerders te vervang wat te duur is om te herstel. Die panel is toegerus met aanboordkeuse van funksies soos benodig/vereis word deur die betrokke installering. Die produk word vervaardig en ondersteun in Suid Afrika en kan herstel word indien nodig. Voordele: * Beperk staantyd en/of skade aan elektriesetoerusting. * Beskerm 3 fase toerusting teen fases wat wegval asook verkeerde faserotasie. * Met die on-onderbroke terugskakel funksie word onderbrekings tot die minimum beperk. * Laat jou toe om ‘n gewone batterylaaier te gebruik om die batterye te laai as masjien op bystand/in rus is. * Beheer enjin bystandstemperatuur vir ‘n warm opstart indien masjien toegerus is daarvoor. * Verskeie veiligheids funksies en waarskuwings * Maklik om te gebruik.
Kragopwekker outomatisering is nie net beperk tot groot installasies nie. ‘n Paar voorbeelde. ‘n Wildsplaas het ‘n verkoelingskamer wat deurgans moet werk, veral binne seisoen. Om noodsaaklike toerusing, kasregisters aan die gang te hou van ‘n klein besigheid of datakamer. Konferensie fasiliteite het deurgans krag nodig tydens konferensies waar rekenaars en projektors gebruik word.
Voorbeelde van groot installasie: Casinos, fabrieke, hospitale, kantoorblokke, basies enige besigheid waar kragonderbrekings geld kos.
Volg ons R&D geskiedenis skakel vir foto’s van ‘n installasie.
|
Beskikbare funksies: * Hand of outomatiese werking * Enkel of 3 fase * Enjin oorverhit beskerming * Lae oliedruk beskerming * Faserotasie of ontbrekende fase beskerming op Verskaffer so wel as kragopwekker fases. (3 fase installasies) * Lae brandstof vlak waarskuwing as ook afskakel * Hou enjin warm wanneer op bystand * Gebruik gloeiproppe tydens aansit prosedure * Bystandslaaier foutief/oneffektief waarskuwing * Skakel bystands laaier aan/af * Masjien altenator/laai sisteem foutief/oneffektief waarskuwing * Opwekker frekwensie laag/hoog waarskuwing * On-onderbroke terug skakel na verskaffer toevoer. * Dui die fout aan wat masjien valing tot gevolg gehad het.
Sien handleiding vir meer besonderhede. |
Mobile: +27 82 510 2875 E-mail: sales@CountryAuto.co.za |
Produk Besonderhede |
Kontak ons: |
160mm x 100mm x 20mm |
CAF |
Country Auto Field service bk |
Tuisblad |
Wie is ons |
Kontak ons |
Produkte Lys |