CAF301 se Geskiedenis |
Ek het dit goed gedink om my ervaringe met die ontwikkeling van die CAF301 AMF (Automatic Mains Failure) beheerpaneel met jou te deel. Om mee te begin ek is ‘n rekenaar programmeerder by ‘n Suid Afrikaanse staatsdiens- instansie. Ek het heelwat elektriese ondervinding en elektronika is ook nou nie een van my sterkpunte nie. Een van my pa, wat op daardie stadium die eienaar was van die besigheid, se kliente het ‘n probleem ondervind met sy kragopwekker na ‘n elektriesestorm. Die klient het die fout geag ‘n swart boksie wat meestal relays bevat het. Na verdere ondersoek is bepaal dat die fout vanaf die beheerpaneel wat in die skakelkas gemonteer is afkomstig is. Niks wat ek met my gebrekkige kennis kon herstel nie. Die klient het wel die pryse genoem om van die onderskeie panele te vervang, genoeg om jou na jou asem te laat snak. Dan was dit nog net vir ‘n handgedrewe model. Om dit om te skakel in ‘n outomatiese bystandsmodel, sou goedkoper gewees het om ‘n nuwe een te koop. ‘n Paar maande later stel ‘n kollega by die werk my bekend aan PIC verwerkers. So bietjie soek op die internet en ek land toe op die Microchip se web tuiste. Laai toe so ‘n paar verwerkers se spesifikasies af en so met die lees daarvan begin al die wonderlike idees posvat. Die idee waarby ek vasgehaak het was om ‘n kragopwekker te beheer. Met die nodige sagteware, spesifikasies en ‘n stywe leerkurwe het dinge begin vorm vat. Omdat dit maar ‘n deeltydseprojek was het dinge maar stadig voorentoe beweeg. So hier en daar sluit ek foto’s in wat tydens die ontwikkeling geneem is. Soos met baie ander projekte begin dit met ‘n gekrap op papier. Die papier weergawe eindig later op, op Vero bord. Fig1. Met ure en dae se toetsing, program foute uithaal, van idée veranderings, diagram veranderings tot hardeware veranderings agter die blad eindig daar darem iets werkbaar op. Meeste van die toetsing was gedoen deur simulering van insette Fig2 en in sekere gevalle regte insette Fig3 maar die beste toets is as jy dit lewendig doen. Al wat ek beskikbaar gehad het was ‘n 1.5KW kragopwekker. Dit was voldoende om klein probleempies uit te wys Fig4. 3 Fase toetsing was bietjie meer van ‘n uitdaging, eerstens moes ek iemand oorreed om my toe te laat om hulle R100 duisend rand toerusting te gebruik. Die toetsing het ‘n paar netelige probleme uitgewys. As sagtewareontwikkelaar kom daar ‘n stadium dat jy na die kodering kyk en jy hou nie van wat jy sien nie. Gevolglik was ‘n groot deel van die kodering oorgedoen, maar dit was die moeite werd. Nadat al die probleme na bewering reggestel is was dit weer tyd om 3 fase toetsing aan te pak. Nou ja, wat is ‘n probeerslag sonder ‘n ordentlike teleurstelling. Fig5. Gelukkig is ek nie beseer in die voorval nie, maar die toetsbord was erg beskadig. Die spanningsreguleerder en die verwerker was van die duurste komponentes wat verwoes was. Soos maar altyd, staan jy op en probeer weer. Bietjie skoonmaak goed en die vervanging van ‘n paar komponente en ek kan aangaan. Daar het darem iets goeds daaruit voortgespruit in die sin dat dit ‘n potensiele verwoestende situasie uitgelig het sou die verwerker buite werking raak, met gevolglik ‘n paar veranderings. In totaal het ek 3 verwerkers asblik toe gestuur tydens die ontwikkeling. Ek het toe maar besluit om dit versigtiger te speel en ‘n laer spanningsopsie is oorweeg. Hoe? Maklik, vir die wat nie weet nie ‘n voertuig se altenator is ook ‘n 3 fase opwekker jy moet hom maar net bietjie vinniger draai. Ek het besluit op ‘n Delco Remy 30SI alternator bloot omdat ek een beskikbaar gehad het en dit maklik was om toegang tot die faseverbindings te kry. Om ‘n stroombaanbord te ontwerp is ‘n vaardigheid op sy eie. Die eerste prototipe Fig6. was ‘n dubbellaag bord, wat ‘n fout! Dit lyk goed en los ‘n klomp baan kruisings op, maar dit is waar dit stop. Dit is duur en veral moeilik om IC bene en ander komponente te soldeer. Die 2’de probeerslag was ‘n enkellaag bord, bietjie meer tyd gevat, paar komponente rondgeskuif, funksies verskuif op die verwerker se poorte en siedaar. Met die oorspronklike ontwerp het ek gebruik gemaak van ’n PIC16F877A maar later oorgeskakel na die PIC16F887 bloot omdat hy minder externe komponente benodig het en R20 goedkoper was. My grootste uitdaging was om ‘n manier te kry om die faserotasie in ‘n 3 fase sisteem te bepaal met ‘n PIC verwerker of enige ander tipe verwerker. Internetnavorsing, praat met slimmer mense as ek. So het ek opgeeindig met snaakse idees wat meestal komplekse elektronika vereis. ‘n Dag of twee se speel met idees en ‘n oplossing kom voorendag. Die oplossing het my toegelaat om die rotasie te bepaal van frekensies to laag as 30Hz tot so hoog as 2500Hz. Ek reken dit kan so hoog gaan soos 100KHz en as ek bietjie met die tyd speel kan ek selfs laer as 30Hz gaan. Met die aanwending in gedagte is dit nie nodig nie. Die eerste installasie was deur myself gedoen en sowat 2 dae geneem om die bedrading te voltooi. Die oefening het behels die herbedrading van die generator om die nuwe beheerder te akkomodeer. Die pas van die magnetiese skakelaars, monteerkaste en herle van die toevoerkables is wat die meeste tyd inbeslag geneem het. Die volgende reeks fotos is geneem soos wat die installasie gevorder het tot voltooiing. Fig7, Fig8, Fig9, Fig10, Fig11, Fig12, Fig13, Fig14, Fig15. Een van die klient se vereistes was dat die oorsproklike bedrading nie verwyder moet word nie, dus die dubbel harnas wat op van die fotos gesien kan word. Dit is nie noodwendig ‘n slegte idée om later kontak te maak en met die klient te gesels en te sien hoe die produk gebruik word en te hoor of daar enige probleme is nie. As jy fyn luister kom jy agter dat daar ‘n behoefte is wat jy kan aanspreek. Dit is hoe die laaier beheer sy ontstaan gekry het en om dit by te voeg en te maak werk was nie ‘n groot inspanning gewees nie, maar dit het die wereld se verskil gemaak. Fig16 Op die perseeltoetsing het ‘n paar interessante foute en gedrags patrone veroorsaak wat ek nie met ‘n beheerde toets omgewing kon herproduseer nie. Ek moes toe maar vertrou op die toetsresultate en probeer uitwerk wat/waar die fout sy oorsprong mag he. ‘n Paar kodeveranderings en verdere op perseel toetsing en die probleme is een na die ander opgelos. Stadig maar seker. Op 2010-10-10 het al die toetse gereageer soos wat verwag is, geen meer snaaksigheid of gedrag wat jou laat kopkrap nie. Verskeker ‘n dag om te onthou. Net as jy dink jy is nou klaar dan ruk die klient ‘n haas uit die hoed uit. Die masjien was in ‘n gebou en hulle het ‘n roldeur opgesit. Graag wil hulle he as die masjien opstart moet die deur oopmaak en as hy afsit moet hy weer toemaak. Het toe maar rondgesoek vir iemand wat spesialiseer in die outomatisering van “garage” deure. Hulle het alles gepas wat nodig was om die outomaties oop en toemaak te fasiliteer, al wat oorgebly het was vir my om dit in te haak op die beheerpaneel. Teen wil en dank kon ek dit maak werk. Ek dank die eienaars van WZ Trucking wat die moed gehad het om my toetelaat om hulle masjien te gebruik en my pa wat meeste van die material verskaf het om die bedradinginstallasie moontlik te gemaak. Wat van ‘n verbeterde weergawe... |
Geboorte |
Mobile: +27 82 510 2875 E-mail: sales@CountryAuto.co.za |
Kontak ons: |
CAF |
Country Auto Field service bk |
Tuisblad |
Wie is ons |
Kontak ons |
Produkte Lys |