CAF T1 |
Die CAF T1 is relatief maklik installeerbare produk om ‘n 24V kragpunt moontlik te maak op ‘n 12V sisteem. Partykeer onstaan die behoefte vir ‘n 12V voertuig om ‘n 24V sleepwa en/of ander toerusting te dryf soos bv. Hysplatform, hidrolisepompe, enige 24V las. Verskeie beskikbare oplossings is nie in staat om betroubaar ‘n hoë las te hanteer nie wat die produk ‘n beter alternatief maak. Dit kan geinstalleer word deur enige persoon wat oor basiese elektriese kennis beskik. Dit is in staat om tot 20 Ampere the lewer en word beskerm deur ‘n selfherstel sekering. Die leweringsvermoë word wel beinvloed deur die vermoë van die alternator. Die gebruik is nie beperk tot die laai van ‘n ekstra battery nie. Die ekstra battery kan weggelaat word wat sal lei dat 24V net beskikbaar sal wees terwyl die enjin in werking is. Die uitset sal dan ook beperk wees tot wat die module kan lewer. Dit is ‘n stewige betroubare produk met geen komplekse elektronika nie. Die module kan ook aangewend word om 2’de battery te laai onafhanklik van die hoof battery/sisteem. bv. ‘n karavaan. Die produk word vervaardig en ondersteun in Suid Afrika.
|
Mobile: +27 82 510 2875 E-mail: sales@CountryAuto.co.za |
Produk Besonderhede |
Kontak ons: |
220mm x 165mm x 65mm |
CAF |
Country Auto Field service bk |
Tuisblad |
Wie is ons |
Kontak ons |
Produkte Lys |